Daniëlle Erasmus
Hoërskool Reitz
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
My rok is in die kleur "Diamond White Latte." Ek het nog altyd 'n idee gehad van hoe my matriekafskeidrok moet lyk, en toe ek hierdie een by Leading Rose sien en aanpas, het ek dadelik geweet dis my rok. Ek het eintlik 'n ander kleur in gedagte gehad en het nooit gedink ek sou hierdie een kies nie, maar ek is nou absoluut mal daaroor! Dit voel of die rok my persoonlikheid perfek uitbeeld.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Ja
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek het nog altyd 'n prentjie in my kop gehad van 'n rok wat romanties en elegant is, met sagte detail wat by my persoonlikheid pas. Toe ek hierdie een aanpas, het dit sommer net reg gevoel—die blomme detail en die vloeiende ontwerp was presies wat ek wou hê, al het ek oorspronklik 'n ander kleur oorweeg. Ek wou iets hê wat my soos myself laat voel, net 'n bietjie meer sprokiesagtig vir hierdie spesiale geleentheid.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My gunsteling deel van my matriekafskeidrok is beslis die rug. Ek wou iets hê wat regtig mooi van agter af lyk, en hierdie ontwerp met die oop rug en detail het presies daardie elegante, unieke gevoel waaroor ek mal is. Dit maak die rok net ekstra spesiaal!
Datum van matriekafskeid?
2024-09-19