Simuné de Villiers

Hoërskool Witteberg

Tuisdorp

Ficksburg

Skool

Hoërskool Witteberg

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek en my ma het self my matriekafskeidrok ontwerp en gemaak. Dit was vir my baie spesiaal gewees om saam met haar deel van die hele proses te kon wees. Die finale rok was presies soos wat ek daaroor gedroom het.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek wou graag hê dat my rok iets van myself moet wys. Saggeaard maar sterk; modern maar elegant.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok beteken vir my veel meer as net 'n mooi rok. Dit beeld 'n mooi einde van 'n hoofstuk, wat afgesluit word, aan. 'n Hoofstuk wat my gevorm het tot in die mens wie ek vandag is.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hoogtepunt van my matriekafskeid was om die volronde prentjie te sien waar alles perfek bymekaar gekom het om die dag so spesiaal te maak.

Planne vir na matriek

Na matriek beplan ek om verder te studeer en nuwe geleenthede aan te gryp. Ek sien uit daarna om die onbekende te verken, nuwe mense te ontmoet en drome waar te maak.

Gunsteling woord in Afrikaans

Blommekind

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media