Simone van Rensburg

Leermeer Tuisonderig

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Goeie middag, Ek weet elke ma wil graag hulle dogters sien in 'n rok, maar ek het besluit om in 'n getailleerde broekpak te gaan, omdat ek nie van rokke hou nie. Deesdae se mode is in elk geval nie meer beperk net tot rokke nie. My ma was in die begin bekommerd dat ek sou uit voel, maar sy was op die ou einde in trane omdat ek tevrede was en dit presies was soos wat ek dit wou hê.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Leermeer Tuisonderig

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My oupa was my grootste inspirasie. Ek was nie net 'n gewone kleindogter nie. Ek was die "tomboy" kleinkind, so rokke was nooit rêrig my ding nie. Ek was altyd op my eie missie, het my eie kop gevolg en nie om gegee wat ander dink daarvan nie. My oupa het my altyd aanvaar vir wie en wat ek is en altyd in alles ondersteun wat ek aangepak het. Ek sien 'n broekpak as stylvol, professioneel en dinamies vir die "tomboy" tipe soos myself. Ek weet my oupa sal trots wees op my dat ek my eie styl volg en nie net inval by hoe die wêreld sê dit gedoen moet word nie.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die feit dat ek die enigste meisie in 'n broekpak was en uit gestaan het. Ekstra aandag was beslis op my toe ek daar aankom, omdat ek nie soos die ander meisies 'n rok gedra het nie. Boonop dit was ek heel aand gemaklik en selfversekerd.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-13

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media