Simoné van Jaarsveld
Die Brandwag Hoërskool
Tuisdorp
Patensie
Skool
Die Brandwag Hoërskool
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My matriekafskeid rok is ontwerp en gemaak deur Rienette Colesky. Sy maak slegs een rok ń jaar en ek is geëerd dat sy bereid was om my te help.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek wou graag ń rok gehad het wat buite gewoon, smaakvol, stylvol en ń volle verteenwoordiging van my persoonlikheid is. My rok is nie net van toepassing op die spesiale geleentheid nie, maar elke stukkie en elke snit is ń deeltjie van my.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My rok beeld my unike self en unieke persoonlikheid uit. Dit is nie net ń rok nie, dis ń gevoel, ń persoonlikheid en ń kuns wat met liefde en omgee gemaak is spesiaal net vir my.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
My hoogtepunt was definetief om die spesiale oomblik wat net een keer in ń matrikulant se lewe kom met my vriendinne en vriende te spandeer. Die hoeveelheid tyd en moeite was die moeite werd om mooi herinneringe te bou wat vir my meer kosbaar as enige voorwerp of enige hoeveelheid tyd is.
Planne vir na matriek
Ek wil graag na matriek biokinetika gaan swot en wil hard werk om my meestersgraad te verwerf in hierdie loopbaan.
Gunsteling woord in Afrikaans
Desnieteenstaande
Datum van matriekafskeid
2025-10-01