Simonè Tromp

Hoërskool Alberton

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

'n Sjampanje kleur rok met 'n glinster glans wat my liggaams figuur baie mooi tentoonstel en veral klem lê op my lae rug. Olive Branch Designs het my rok ontwerp en gemaak. Chantelle en Marilize het presies geweet watse idee ek in my kop gehad het, en uiteindelik kon ek met my droom rok na my matriekafskeid gaan.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Soos elke meisie droom mens maar lank oor die perfekte rok en stoor idees van Pinterest of sosiale media af...ek het presies geweet wat ek wou hê vir 'n baie lang tyd. Ek wou iets hê wat by my figuur en persoonlikheid pas, maar op dieselfde tyd elegant, stylvol en sag lyk.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Definitief die rug gedeelte, diamanté bandjies en die effense sleep agter, o ja en die feit dat hy so baie geglinster het!

Datum van matriekafskeid?

2023-10-12

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media