Simoné Moll

Hoër Volkskool Heidelberg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is ontwerp deur Lizan Zondough. Dit is n blink goud rok. Ons het 'n pragtige pasgemaakte korset-lyfstuk wat bedek is met 'n fyn en geintrigeerde goue krale kombineer met 'n subtiele aanraking van Swarovski's verstrooid tussenin, afgewerk met 'n ronde satynromp en 'n delikate kant in ryg agterkant. Die goue krale patroon rank af tot oor die satynromp. Daar is ook n slit aan die voorkant

Skool se matriekafskeid bygewoon?

29 September 2023

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou gehad het die rok moes uitstraal wie ek is. Die goue kleur moes so glinster dat dit amper soos sonskyn lyk want ek is n persoon wat altyd probeer positiwiteit uitstraal en ek wou gehad het die rok moes dit weerspieël. Ek wou ook gehad het die rok moes maklik wees om in te beweeg want ek wou die hele aand kon dans en my aand voluit geniet.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die kleur van my rok is my gunsteling aspek. Dit het geglinster en was die middelpunt van aandag in elke vertrek. Dit het my laat voel of ek “glow”. Die detail aan die agterkant was ook een van my gunsteling dele van die rok.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media