Simoné Jacobs
Hoërskool Overvaal
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Aan die begin was dit vir my moeilik om te besluit op watter rok ek wou gehad het. Daar was soveel ontwerpkeuses om van te kies, tot ek die dag by Glam & Glitz in gestap het en die ontwerper my perfekte rok vir my perfekte dag ontwerp het. Die perfekte dag waaroor elke meisie droom van kleins.
Daar was drie rokke waarvan ek gehou het, Glam & Glits het dit moontlik gemaak om al drie rokke in een rok te ontwerp. Burnt Orange was nie eers my kleur skema opsie gewees nie totdat die rok begin finaliseer het , het ek nooit gedink my matriek afseid rok sal burnt orange wees nie.
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Hoërskool Overvaal
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek wou iets gehad het wat uitstaan tussen die ander wat sag en mooi vertoon. Iets wat glinster soos die swarovski kristalle op my maag en die "glitter" op my rok , en als te danke aan Glam & Glitz wat my aand sprokies mooi gemaak het.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Die gunsteling deel van my rok is amper die hele rok maar as ek nou moet kies , die swarovski kristalle op my maag dit het my rok mooi afgerond en die hele aand tussen die ligte geglinster. Die was by verre die mooiste rok wat ek al gedra het.
Datum van matriekafskeid?
2024-10-03