Simoné Deyzel

Hoërskool Kaap Recife - Oos Kaap

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Kaap Recife - Oos Kaap

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek was al van dat kan onthou betower deur die Disney prinsesse en wou 'n rok gehad het wat 'n moderne prinses kon uitbeeld sonder om oordadig te wees. Ek het my eerste skooldag in graad 1 begin deur met 'n limousine skool toe te gaan so natuurlik moes ek my laaste skool jaar aflsuit in styl, hoe anders dan as om soos n ware prinses te lyk en te voel. Ek beskou vroulikheid as die 8ste wonder van die wêreld en was geinspireer om daardie vroulikheid vas te vang in 'n minimalistiese en smaakvolle ontwerp. Tog gee dit so bietjie "Glitzy Glam" af in die proses.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Natuurlik die glinsterende effek wat my rok gehad het. Ek het 'n voorsmakie gehad van hoe dit kan voel as ek in Milan op die rooi tapyt eendag stap of 'n tiara dra in Buckingham paleis. Dis mos enige meisie se droom maar eerlik nou, alles van my rok was net perfek so ek kan nie iets spesifiek uitsonder nie. Baie dankie aan almal wat my matriekafskeid onvergeetlik gemaak het! Dit is fantasties om n jong dame te wees!

Datum van matriekafskeid?

2025-08-01

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media