Simoné Calitz

Hoërskool Centurion

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het deur die jaar 'n hele paar prente van verskillende interessante rokke versamel. Die silwer en lig grys materiaal het vir my uitgestaan omdat dit bydra tot 'n elegante prentjie. Dit is 'n lang klassieke nousluitende rok met 'n "slit" (wat dit makliker maak om te dans). Die rok is silver met fyn glinsterende steentjies en die voering is gemaak van rekbare silver satyn om meer beweeglikheid te gee. Die romp is 'n variasie van silwer Tulle en silver glinster Tulle wat vasgehak word met deurskynende knippies sodat ek dit kan afhaal as ek sou wou. Sodoende verander dit die styl en kan ek my rok vir 'n verskeidenheid funksies gebruik.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Centurion en Afrikaanse Hoër Seunskool bygewoon.

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het 'n paar verskillende style rokke aangepas en toe besluit op 'n stylvolle "Marilyn Monroe look".

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok is dat my romp kan afhak en dat my rok baie gemaklik is om mee te dans. My rok het my soos 'n prinses laat voel.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media