Simoné Bezuidenhout

Hoërskool Hoogenhout

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse


Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Toe almal aan die begin van die jaar al praat van matriekafskeidrok ontwerpe, het ek nie eers ‘n idee gehad van wat ek wil hê nie. Ek het gesoek maar kon niks kry wat vir my uitstaan nie… Dit was totdat ek HIERDIE rok gesien het. Ek het dadelik geweet dit is MY rok en wou niks weet van n ander rok nie. Dit was “liefde met die eerste oogopslag”.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die HELE rok. Toe ek hierdie rok aangepas het, het ek onmiddelik soos n sprokies-prinses gevoel. Die rok pas ook perfek by my persoonlikheid, aangesien ek geken word as iemand wat altyd “extra” is. Wat hierdie rok ook uniek maak is omdat dit nie by die standaard van hierdie jaar se “slim fit” rokkies inpas nie.

Datum van matriekafskeid?

2025-10-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media