Sheneill Jackson

Hoërskool Labori

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is uit 'n ligte roomkleurige satyn materiaal gemaak. Die sagte kleur en glinsterende tekstuur van die satyn skep die perfekte onderlaag vir die pragtige, ivoor-kleurige veerpatroon borduurwerk wat met duisende klein kralletjies sprankel. Hierdie luukse materiaal kombinasie komplimenteer die elegante snit wat vroulikheid en my sagte persoonlikheid uitbeeld.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja (26 September 2023)

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Soos enige dogtertjie, het ek van kleins af gedroom van my prinsesrok wat ek eendag by my matriekafskeid sou dra. Verlede jaar het ek begin inspirasie soek en op hierdie tipe snit afgekom. Ek het dadelik geweet dat hierdie snit perfek sal wees. Ek het in my geestesoog gesien hoe my droom 'n realiteit word. Toe die ontwerper die materiaal aan my voorstel, het dit gevoel asof ek dit spesiaal uitgesoek het. Dit was presies waaroor ek gedroom het en meer. Ek het dadelik saamgestem dat dit die perfekte keuse sal wees.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Beslis die sprankel en die glansryke sleep! Dit het my soos 'n filmster op die rooitapyt laat voel. Die sleep herinner my aan my skoolloopbaan vanaf Graad R tot hier waar ek nou in matriek is. Daar was baie struikelblokke wat agter my lê, maar ek het elkeen oorbrug en van alles 'n sukses gemaak. (Filippense 3:14 - "Strek jou uit na wat voor is"). Nou sien ek uit na my blink, sprankelende toekoms. So, die sleep en die sprankel in my rok simboliseer dus my verlede en beslis my blink toekoms.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-26

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media