My inspirasie vir die rok het gekom van die klassieke styl van ou Hollywood-glamour gemeng met ’n moderne randjie. Ek wou iets hê wat tydloos mooi is, maar steeds uniek en persoonlik voel — iets wat uitstaan sonder om te veel te skree. Die idee van ’n twee-stuk het vir my daardie balans gegee: stylvol, elegant en steeds jonk en vars. Maroen was die perfekte kleur, want dit is diep, warm en het daardie bietjie drama wat ek liefhet.
!
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Verseker my Elegante corsette bo kant wat met die mooiste maroen kant bedek is !