Shannon Purchase

Bethlehem Voortrekker Hoërskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek hou daarvan om te sê my rok is swart met 'n tikkie goud. Die ontwerp van my rok was werklik 'n lekker ervaring. Ek het by verskeie winkels en bruidshuise rokke gaan aanpas, maar ek het nie daardie oomblik van, dié is my rok, ervaar nie. Met een rok het ek van die rug gehou, die ander was weer die romp en so het dit aan gegaan... Ek het toe besluit om al die dele waarvan ek gehou het bymekaar te bring en met behulp van Tannie Dienie Fourie (eienaar van Lollie-B klere), wat my rok gemaak het, het ons saam die rok geteken en ontwerp. Ek het nog altyd van knopies op die lae rug gehou, so dit was 'n maklike besluit. Ons het die lae v-vorm rug waarvan ek gehou het, ingebring en toe besluit om n v-nek voor ook in te bring. Die sleep en die slit was geïnspereer deur tannie Dienie. Dit was uit my gemaksone, maar met die laaste pas was ek skoon verlief gewees.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Bethlehem Voortrekker Hoërskool

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het van die begin af geweet ek wil swart dra, want dit is uit my gemaksone. Gewoonlik sou ek groen of navy gedra het, maar ek wou myself 'n bietjie uitdaag en dit is hoekom ek swart gekies het. Ek wou nog altyd van kleins af my matriekafkseid foto's buite in die natuur neem. Met hierdie in gedagte het dit sin gemaak om 'n swart en goud rok te hê, want ek dink die dam, grondpad en riete het my rok baie mooi laat uitstaan. Ek wou 'n tydlose effek geskep het en dit het veseker in die foto's geweerspieël.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Dis moeilik om iets uit te sonder, want die rok was perfek vir my, volgens my smaak. My gunstelling deel van my rok is die knopies op my lae rug, maar ook die materiaal. Die dag wat ek, my ma en my tannie gaan materiaal soek het, was so spesiaal. Ons het net in die materiaalwinkel ingestap toe hulle die nuwe rolle lap indra. Toe ek die eerste rol sien, het ek geweet: dit is my lap. Ek het daardie gevoel gekry waarna ek gesmag het. Dit het gevoel soos een van daardie "I said yes to the dress" oomblike.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-13

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media