Shanique Els
Die Hoërskool Menlopark
Tuisdorp
Pretoria
Skool
Die Hoërskool Menlopark
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het my matriekafskeidrok self ontwerp en die droom van my potblou rok geskep. Die rok is gemaak deur Arlene Van Zyl wat my visie tot werklikheid geskep het. Ek vertrou haar met my rokke en daarom het ek haar vertrou met die maak van my unieke rok. Die doel was om n tydlose rok te ontwerp asook n rok wat uniekheid weerspieël. Arlene het definitief n groot aandeel tot my droom matriekafskeid. Dit was n fees om saam haar die maak van my matriekafskeidrok aan te pak.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Die inspirasie vir my rok was om my unieke persoonlikheid, elegante styl en om die blou van my skool te beklemtoon. Ek het twee ontwerpe gekombineer en Arlene het dit vir my n werklikheid gemaak. Toevallig is my gunsteling kleur ook blou, wat perfek gepas het by die tema en my liefde vir detail. Omdat ek redelik kort is wou ek n ontwerp skep wat my liggaamsvorm mooi beklemtoon. Ek wou hê dat my rok nie net vir een aand betekenis moes hê nie, maar iets wat ek altyd sou onthou as die perfekte weerspieëling van myself.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeidrok was nog altyd n droom waaroor ek gedroom het, daarom moes my rok perfek wees sodat ek my droom aand in styl kon geniet. My gunsteling deel van my rok is die middel van my rug. Die detail van die “boning” wat my persoonlikheid en elegante styl beklemtoon. My tweede gunsteling deel van my rok was dat my rok lank agter is wat my laat voel het asof ek n prinsess is in n sprokieverhaal. My rok het ook vir my bevestig dat my skool loopbaan tot n einde kom, maar ek eindig dit in styl en n bree glimlag omdat ek my droom rok kon dra op my onvergeetlike matriekafskeid.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt van my matriekafskeid was om reg te maak vir die groot dag. My hare te gaan doen en ek het self my eie gemeering gedoen om ook my eenvoud te beklemtoon. Om die fotos te geneem het was vir my baie lekker om te lag en net spontaan saam my kêrel te wees. Na dit het adrenalien ingeskop met die afwagting in die lang ry om afgelaai te word in styl voor n gehoor op n paweljoen. Dit was vir my so lekker om uit die kar te klim, voor die gehoor en te hoor hoe almal hande klap en fluit, dit het my wange sommer laat gloei. Verder was die aand n sprokiesverhaal, om saam my kêrel te sokkie en saam al my vriende die aand n herinnering te maak wat ek nooit sal vergeet nie.
Planne vir na matriek
Na matriek wil ek graag Bcom regte en LLB gaan swot om my droom waar te maak om die pligte van n intêrne proureur uit te voer. Ek sien uit om te leer waarvoor ek n passie het. Ek gaan my skoolloopbaan koester en mis, maar dan is ek meer gefokus om sukses te behaal met my studies.
Datum van matriekafskeid
2025-10-03