Shani Jansen van Rensburg

Hoërskool Randburg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok het ‘n korset bokant met fyn blommetjies, party met ‘n silwer diamantjie in, en ‘n silwer blaartjie detail wat teen die rok af loop. Daar is ‘n elegante satyn beltjie om my middel wat teen die rok se net kontrasteer. Ek het lang, vloeiende moue wat verwyderbaar is met blommetjies teen die bokante. Die materiaal is lig blou en skitter wanneer die lig daarop skyn.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Randburg

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Aanvanklik was ek onseker oor wat ek wou hê, maar ‘n matriekafskeid is tog ‘n eens-in-‘n-leeftyd geleentheid, daarom het ek besluit dat ek soos ‘n prinses wil voel. Die fyn blommetjies en silwer blaartjies sorg perfek vir dié sprokies element en die sagte, lang moue vir elegansie.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Beslis die lang, elegante moue wat saggies van my rok af drapeer. Dit is natuurlik ook verwyderbaar sodat ek lekker kan dans.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-30

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media