Shané Noppé
Hoërskool Centurion
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Spontaniteit
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Ek is geïnspireer deur ’n elegante, tydlose styl met ’n moderne twist. Ek wou iets hê wat vroulik en sag lyk, maar steeds selfvertroue en klas uitstraal. Die kleur en snit herinner my aan iets wat jy in ’n romantiese film sou sien.
Ek het die rok gekies omdat die kleur vir my spesiaal is, dit laat my oë uitstaan en pas perfek by my styl. Ek hou van hoe elegant en tydloos die snit is,dit voel gemaklik en natuurlik. Die glansdetail gee net daai ekstra bietjie sprankel sonder om oordoen te wees.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Vir my is my matriekafskeidrok iets waaroor ek al dagdroom vandat ek n klein dogtertjie was. Dit was die eerste keer wat ek my eie rok kon laat maak het en dit was vir my n perfekte geleentheid om my persoonlikheid uit te beeld. My gunsteling deel van die rok is die fyn besonderhede wat dit uniek maak. Die delikate bandjies en subtiele glans gee aan die ontwerp ’n gevoel van ligtheid, net soos ek is dit dromerig en vol lewe. Die rok is ook vir my soos n medalje wat al die uitdagings en prestasies deur my skooljare verteenwoordig.
Datum van matriekafskeid?
2025-10-03