Shandre Greyvenstein

Eldoraigne HoErskool

Tuisdorp

Midstream, Centurion

Skool

Eldoraigne HoErskool

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

My pragtige unieke rok was gemaak deur Michelle Howell van COUTURE BY MICHELLE HOWELL Kempton Park Gauteng

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

“My goue rok simboliseer vir my groei, selfvertroue en die begin van iets nuuts. Die kralewerk en sagte glans herinner my daaraan dat elke detail saak maak — net soos elke stap oppad na my nuwe hoofstuk."

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

“My matriekafskeidrok is vir my meer as net ’n rok — dis ’n mylpaal wat ek met trots bereik het. Hierdie aand was die hoogtepunt van maande se beplanning, opwinding en drome. Ek het nog altyd ’n visie gehad van hoe ek wou lyk — elegant, vol selfvertroue en stralend — en op daardie aand het dit vir my gevoel asof daardie droom waar geword het. Om my rok aan te trek, was soos om in ’n nuwe hoofstuk van my lewe in te stap. Dit was alles wat ek gehoop het dit sou wees, en meer.”

Hoogtepunt van die matriekafskeid

“Een van die hoogtepunte van die aand was om almal te sien — elkeen op hul mooiste, met soveel trots en glans. Dis so spesiaal om saam met jou klasmaats en onderwysers in ’n ander opset te wees, nie meer net in skooldrag nie, maar as jong volwassenes wat reg is vir die volgende hoofstuk. Die hele atmosfeer het anders gevoel — vol trots, herinneringe en nuwe beginne.”

Planne vir na matriek

“Ek is só opgewonde om te deel dat ek voorlopige toelating gekry het by NWU Potchefstroom vir ’n B.A.-graad in Bedryfs- en Organisasiesielkunde! Ek kan nie wag om hierdie nuwe hoofstuk te begin nie – ’n groot droom wat begin waar word!”

Gunsteling woord in Afrikaans

Ja!

Datum van matriekafskeid

2025-10-17

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media