Shanay Kriek

Hoërskool Kalahari

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het baie lank na die perfekte rok gesoek, en baie verskillende style en kleure aangepas, maar was nooit heeltemal tevrede nie. Toe ek die dag hierdie rok aan pas, het ek vir die eerste keer gevoel... "dis die een!" Uniek, elegant en tydloos. "Dis so Shanay!" was die kompliment wat my laat besef het, ek het die regte keuse gemaak.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Kalahari

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het so selfversekerd in my rok gevoel. Ek wou graag 'n rok hê wat uitbeeld Wie Ek Is. Die kleure, snit en alles by wat die volle prentjie geskep het, het my "ready to conquer the world" persoonlikheid uitgestraal.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die ontwerp se verskeie skakerings van goud asook die verskillende details wat in mekaar vloei en verdwyn in die swart was vir my besonders.

Datum van matriekafskeid?

2023-04-25

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media