Shakira Peach

Hoërskool Rustenburg

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek wou iets buitengewoon maak. My styl is nog altyd ń mengsel van tydlose ikone, soos Coco Chanel, en ook terselfde tyd baie kreatief. My visie was om iets te ontwerp wat nog oor ń honderd jaar gesien sal word as stylvol. Die kleurskema van swart en wit is nog altyd een van my gunstelinge, en dit is ń lekker kombinasie om mee te speel en waaghalsig te wees.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Rustenburg

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Coco Chanel en Karl Lagerfeld. Dié twee designers maak gebruik van baie swart en wit in hul ontwerpe. Die unieke gebruik van elegante inspirasie en die “old money look” leef deur albei designers en ek is bly ek kon ń deel van hulle in my rok wys.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Sjoe, hoe kies ń mens? Die proses van rok-maak was wonderlik van die beginpunt tot die einde. As ek kon kies, sou dit die boonste deel van my rok wees. Die swart bokant vorm mooi om my middellyf en lyk soos ń klein apparte swart rokkie. Die skouer is opge-“poof” en mens kan dit nie mis van ń myl af nie.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media