Seanna Naude

Hoërskool Paarl Gimnasium

Tuisdorp

Struisbaai

Skool

Hoërskool Paarl Gimnasium

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het my rok by Scarlet Fashions gekoop in Somerset Wes. Ek het al van graad 9 af elke keer soontoe gegaan as ek 'n rok gesoek het vir 'n sokkie of 'n dinee. Daar is so baie rokke om van te kies en ek is reeds bekend gewees met die plek en weet hoe dit werk.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het nooit 'n volle idee gehad soos meeste kinders hoe my rok moet lyk nie, en wou gaan vir enige iets waarin ek gemaklik en mooi gevoel het. Maar toe ek in graad 10 vir 'n dinee rok gaan soek het, vir ons skool se koshuis dinee, het ek die rok sien hang by Scarlet Fashions, en dadelik geweet, dat daai die rok vir my is, en ek het vir my ma gesê, dat daai eendag my matriekafskeid rok gaan wees. Dit was heeltemal iets anders as wat ek al ooit gedra het. Die kleur het dadelik my oog gevang en teenoor die stywer rokke wat ek gewoonlik dra, het ek nog nooit mooier gevoel as in die spesifieke rok.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Ek weet baie mense het hulle rokke laat maak, maar dit was so spesiaal vir my dat ek en my ma my heel laaste rok in hoërskool saam kon soek en koop. Ek en my ma het nog altyd 'n goeie verhouding gehad, en dit was vir my 'n baie spesiale oomblik wat ek vir altyd sal onthou om saam haar rokke te kon uitkies vir my groot dag.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Ek is nie een vir groot groepe mense nie, so ek was baie gespanne, en bang om uit te klim voor al die mense, maar toe my metgesel vir my die deur oopmaak en ek sien dat ek omring is deur familie en vriende wat almal daar is vir my, toe voel ek so spesiaal en soveel gemakliker om daar voor almal te loop.

Planne vir na matriek

Ek het lank gedink oor wat om te doen, en omdat ek nog nie seker is watter rigting ek wil ingaan, het ek besluit om 'n tussenjaar te vat, en dan saam met 'n binnenshuise ontwerper te werk om kennis van die beroep op te doen. Ek was nog altyd kreatief en weet ek wil in so veld ingaan, en alhoewel ek nie seker is nie, is dit hoekom ek die tussenjaar vat om seker te wees dit is my beroep wat ek wil doen. Daarna wil ek graag by Inscape in Stellenbosch gaan studeer.

Gunsteling woord in Afrikaans

Omgee

Datum van matriekafskeid

2025-10-03

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media