Sarike Roeloffse

Hoërskool Stellenbosch

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is 'n Swart Duchess Satin rok met 'n volsirkel sagte net rok bo-oor. My Peetma is 'n mode-ontwerpster, Sandra_Couture_Theron, en ek en sy het saam gesit met 'n potlood en papier om my droomrok wat perfek by my persoonlikheid pas te ontwerp.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Stellenbosch

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My naam beteken "prinses" en dit was aanvanklik my en my ontwerpster se inspirasie vir die Duchess Satin en ek wou ook 'n verrassings element inwerk daarom die afskouer, lae rug en elegante lyne in swart.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Aangesien ek baie lief is vir dans wou ek 'n rok dra met maklike beweeglikheid en sonder enige bekommernisse. Met my Dutchess satin rok het elke draai op die dansvloer gevoel asof ek sweef! Hierdie rok is nie net gemaklik nie dit is ook veeldoellig! Dit kan as twee uitrustings in een gedra word. Die satyn rok kan apart van die net rok gedra word of met die sagte net rok bo-oor soos mens kan sien by my matriekafskeid.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-09

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media