Sane’ van Niekerk

Hoerskool Menlopark

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Elegant, klassiek, stylvol en tydloos, met 'n glinsterende sprankel. Dit is die beste beskrywing vir my "Rosegold beaded " skepping van Izelle Otto Couture. Die ontwerp het vloeiende lyne met gedrappeerde aksente, subtiele spleet en elegante sleep, wat 'n vleiende en smaakvolle geheel geskep het.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het na idees gesoek en rondgekyk en op die ou einde 'n paar goed bymekaar gesit in my kop. My ontwerper het my gehelp om die finale skepping wat in my kop was, eers op papier en uiteindelik in materiaal weer te gee. Die styl van die rok was presies wat ek in gedagte gehad het. Eenvoudige elegansie met 'n glansryke gevoel!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My rok het perfek by my persoonlikheid gepas. 'n Stylvolle en klassieke styl waarin ek gemaklik , maar tog sprankelend gevoel het. Die materiaal het besonder mooi in die aandlig vertoon. Die "rosegold" kleur van my rok het my besonderse koper kleur hare gekomplementeer.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media