San-Marie Schoeman
Hoërskool Volksrust
Tuisdorp
Volksrust
Skool
Hoërskool Volksrust
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Die rok is 'n vintage Hip Hop rok wat my stiefma 20 jaar terug na haar matriekafskeid toe gedra het. My ouma het gehelp met verstellings en om 'n onderrok te maak vir die rok. Ek wou blomme op my rok hê, en ons het op die ou-einde besluit om 'n bo-romp te maak waarop daar reeds blomme geborduur was. Ek het nog blomme van materiaal gemaak wat op die bo-romp vasgewerk was.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
My idee vir die rok het uit die Romeinse Mitologie gespruit. Persephone as die "Queen of the Underworld" en "Goddess of Spring" was my groot inspirasie. Ek was ook nog altyd baie lief vir Barbie, en wou ek 'n kroon en gekleurde hare hê om die "Barbie transformation" te voltooi.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Ek is baie sentimenteel, so dit was regtig spesiaal dat al die vrouens in my lewe iets met die rok te doen gehad het. Ons het baie ure gespandeer om alles net reg te hê vir die groot dag.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die beste was toe ek uit die ou Chevy kar, wat ons gehuur het, geklim het, en almal so kliphard begin skree het toe hul my sien. Die ander hoogtepunt was natuurlik toe my goeie vriend my gevra het om te dans.
Planne vir na matriek
Ek beplan om te leer vir 'n verpleegster of paramedikus.
Gunsteling woord in Afrikaans
Skoenlapper
Datum van matriekafskeid
2025-10-02