San-Mari Steyn

Hoërskool Hanstrijdom

Tuisdorp

Marble Hall

Skool

Hoërskool Hanstrijdom

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Antonette Martins in Groblersdal

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Swart is klasiek,tydloos en kragtig. My swart matriekafskeidrok is n droom wat lewendig geword het ,die sagte materiaal vou om my soos n 2de vel lig elegant en vol bewrging.Die fyn glitter vang elke sonstraal lig en laat my voel of ek self skyn. Van die glans tot die vloei vandie stof is presies soos ek dit altyd voor gesel het. My idee my styl en my hart het saam gevloei in hierdie pragtige elegante rok,my droom rok my werklikheid en my eie kunswerk. Dis nie net n rok nie dit is n simbool van wie ek is, sterk sylvol ,elegant en trots op my reis.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My matriekafskeidrok beteken vir my soveel meer as net iets wat ek dra. Dis die vervulling van n droom wat ek nog altyd gehaat het. Die sagte materiaal die fyn glitter laat my mooi selfversekerd en uniek voel.. Elke detailis deel van my eie idees en styl - dit wys wie ek is en hoe vêr ek gekom het. Hierdie rok is nie net vir een aand nie dit simboliseer my groei,my drome en my selfvertroue

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die hootepunt van my matriekafskeid was toe ek op die rooi tapeid op stap. Ek besef dat ek puer geword het en nou hier kan staan met selfvertroue en trots.

Planne vir na matriek

Ek wil dalk n jaar Nederland toe gaan en dan wil ek kom studeer.

Gunsteling woord in Afrikaans

Besonders / Liefde

Datum van matriekafskeid

2025-09-30

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media