Sabina Schlettwein

Hoërskool Lutzville

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het n rok op pinterest gesien en was totaal en al verlief op die kleur. My oë is blou en dit staan altyd mooier uit wanneer ek blou aantrek. Ek het ook n baie ligte vel kleur en ek het dadelik geweet die kleur sou dit in n goeie manier beklemtoon. Ek wou immers hê dat die rok my persoonlikheid wys. Eenvoudig maar iets wat beklemtoom wie ek is; daarom het ons die blommetjie ontwerp op die rok gesit en die "corset" ingesit. Steeds wou ek gemaklik voel in die rok en dus het ons bandjies oor die skouers gesit en die "slit" redelik weggesteek sodat dit net wys wanneer ek so wil hê. Die rede hoekom ek so vasbeslote was oor die blommetjies was omdat blomme blom wanneer hulle in hulle gemaklike toestande is ( die regte temperaruur, genoeg water ens.) Net soos die blomme, blom ek ook tussen mense wat my tuis laat voel. Ek het n groot persoonlikheid maar dit maak slegs oop wanneer die omstandighede dit toelaat, net soos n blommetjie.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Lutzville

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het ongelooflike krullerige hare en wou baie graag vir my matriekafskeid my natuurlike krulle dra juis omdat ek vir die grootste deel van my lewe gewens het vir reguit hare. Onlangs het ek immers geleer om myself lief te hê hoe God my gemaak het, en dit sluit my krulle en persoonlikheid in. Die krullerige vlegsel, blomme en grimmering was alles deur die outydse romeinse prinsesse geinspireer. Hulle was natuurlik mooi en het hulle ware kenmerke beklemtoon, en daarom het ek dit self probeer doen deur my rok n spieelbeeld van my innerlike mooiheid te maak.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My heel gunstelling deel van die rok is hoe dit so akkuraat wys wie ek as persoon is. Maar as ek iets meer fisies moet kies sal dit die pragtige fyn "detail" op my rok wees. Van die verskillende lappe wat op mekaar gesit moes word om die regte kleur te kry tot die effense glitter op die romp, die blomme, silwer en dun bandjies. So... tegnies alles van die rok. Maar ek dink die heel heel beste is die weggesteekte sakke in die romp!

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media