Ek wou asemrowend en glansryk voel en my gunsteling gelaatstrekke en figuurtipe beklemtoon. Swarovski kristalle en blinkertjies was my inspirasie, want ek het gevoel dit sal die lig opvang en my laat skitter en die koningsblou was die perfekte kleur om my gelaatstrekke te komplimenteer, terwyl die snit van die rok by my figuur gepas het.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
My rok beteken vir my vreugde en dankbaarheid. Dankbaarheid dat ek op my matriekafskeid op hoë hakke in my droom matriekafskeidrok kon instap, want ek het 3 maande tevore 'n groot knie operasie gehad en kon vir 6 weke nie loop nie en was onseker of ek wel op my eie sou kon instap by my matriekafskeid. Vreugde, omdat ek kan terugkyk op baie spesiale en gelukkige hoërskooljare, gevul met ondersteuning, vriendskap en aansporing om die beste "ek" te wees.