Rozania Carriero

Bergsig Akademie/Academy

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok is deur Willem Terblanche Couture geskep. Hy het my visie perfek utgebeeld deur die detail op my tydlose, klassieke rok.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Bergsig Akademie/Academy

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My pa, my rolmodel, was my grootste inspirasie. Hy is op 13 November 2022 in 'n motorongeluk oorlede. Ek wou hom graag deel maak van my matriekafskeid. GROOT was my verbasing om te sien hoe Willem my herinneringe kon laat herleef in my rok. Willem Terblanche het dit moontlik gemaak dat ek my rok vir ewig sal koester. Dit was vir my 'n BAIE groot eer om my rolmodel as metgesel te kon hê, op hierdie spesiale dag.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok is die foto's van my en my pa, asook die gedigte wat ek vir hom geskryf het, wat op die rok gedruk is. Die foto wat op my hart geplaas is, is die versekering dat hy vir altyd in my hart sal wees.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-04

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media