Rolien Swanepoel
HTS Witbank
Tuisdorp
Witbank
Skool
HTS Witbank
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Ek het my rok by Wedding Bells Couture in Witbank gekoop.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Wanneer ek n matriekafskeid rok gesoek het, het ek vir n rok gesoek wat sal beklemtoon wie ek aan die binnekant is; n elegante 'disco ball'. Ek het n rok gesoek wat my selfvertroue op sal bou en wat sal wys hoe Rolien tenvolle is onder die kollig. My inspirasie was om eenvoudige skoonheid te wys terwyl alle aandag steeds na my getrek word, want wie wil nie daardie oomlik van stilte hê wanneer jy in n vertrek in stap nie. Ek wou aan mense wys dat hierdie stil dogtertjie n paar kniëe lam kan maak.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeid rok sit my in n sprokies verhaal; wanneer ek in hom klim smelt hy saam met my lyf en transformeer my in n prinses. Elke meisie wil gesien word en my rok laat my selfversekerd en gemaklik voel om na gestaar te word. My matriekafskeid rok is n herrinnering aan die harde werk wat ek deur my skool jare ingesit het en gegroei het as n persoon. Om te skitter is net n plesier en my rok skitter in alle opsigte soos n trofee, aan die einde van alle harde werk na 12 jaar, waarvoor ek altyd dankbaar sal wees.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Die hoogtepunt van die matriekafskeid was toe ek op die dans vloer rondom al die kinders kon sweef saam met die musiek en om te sien hoe elkeen in hulle eie unieke rokke saam as n blou span die aand kon geniet. Om weer soos klein kinders te dans gebeur nie elke dag nie en ek was gevul met vreugde om te sien hoe almal se ware glimlagte uitkom terwyl ons, ons voete seer dans in hoë hakke, kaalvoet, of in 'funky socks'.
Planne vir na matriek
Na matriek gaan ek by n hotel skool in Pretoria aansluit vir twee jaar om my passie vir die gasvryheids industrie na te volg. Ek gaan voltyds studeer terwyl ek tog n deeltydse werkie by hotelle of gastehuise gaan soek vir n ekstra inkomste en om n agtergrond te kry van die besigheids lewe in gasvryheid. My misie is om soveel nuwe mense as moontelik te ontmoet en meer en meer van die wêreld se natuurskoon in te neem.
Gunsteling woord in Afrikaans
Finominaal
Datum van matriekafskeid
2025-10-02