Rochelle Hattingh

Bloemhof Gekombineerde Skool

Ouderdom

18

Skool

Bloemhof Gekombineerde Skool

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Die blink element aan die bokant van die rok vroeg n pragtige aanraking van glamour en n bietjie vonkel toe. Die blomme is beslis die hoogtepunt van die rok en weerspeel my persoonlikheid beslis. Die slit aan die kant gee dit n tikkie drama,met n biekie blink om dit te versier.Dit is beslis te danke aan my ontwerper Goddess designs. En wow maak die rok jou beslis laat voel soos n goddess

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Vir my matriekafskeid was my insperasie iets wat nie net uniek en sprankelend is nie, maar wat ook n bietjie van die natuurlik in sy eenvoud en skoonheid bring. Die blomme op die rok is n simboliese herinneringe aan die alewige droom van elke klein meisie wat soos n princes wil voel-iets wat ons almal in ons hart dra. Hierdie rok is nie net n kleredrag nie, maar n manifestie van daardie drome wat heeltemal tot lewe Kom. Die sprankelend en die sorgvuldige ontwerping bring n egte betowering, wat my soos een uit n miljoen laat voel terwyl die element van die natuur n unieke harmonie skep. Hierdie rok het my droom beslis laat realiseer en is n perfecte simbool van Wie ek is en wat ek Wil wees.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Die blomme is beslis my gunsteling deel van my rok, hulle voeg nie net n pragtige en unieke aanraking by nie, maar simboliseer ook iets baie persoonliks vir my. Die delikate organiese ontwerp van die blomme wys my liefde vir die natuur en die skoonheid wat daarin opgesluit is. Die manier hoe die blomme elegant saam die rok vloei. Die kleur van die rok is die perfekte balans tussen elegansie en energie.

Datum van matriekafskeid

2025-07-25

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media