Robin McLaren

Hoërskool Garsfontein

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

As ‘n atleet wou ek ‘n rok dra wat my figuur komplimenteer. My voorkeur was dus ‘n nousluitende rok wat effens uitklok na onder, met ‘n hoë spleet, waarin ek met gemak kon beweeg en dans! Die laerug-snit en ragfyn skouerbandjies was spesifiek só gekies; omdat dit nog altyd vir my elegansie en gesofistikeerdheid uitgespel het. Weens my passie vir die lewe was dit belangrik dat ék die rok dra, en dat dit saam met mý beweeg, en nie andersom nie. As ‘n 18-jarige is die simplistiese ontwerp ‘n refleksie van myself, as ‘n jong volwassene, wat gemaklik voel in haar eie lyf.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Garsfontein

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My gunstelling aktrise, Blake Lively, en die tema van vintage Hollywood met ‘n moderne kinkel en ‘n tikkie glans, was die inspirasie vir my rok. Hierdie ouwêreldse, tydlose styl is vir my ‘n weerspieëling van my beginselvaste waardestelsel. Goud was dus vir my die mees natuurlike en gepaste keuse van kleur; aangesien dié metaal nooit sy waarde verloor nie.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die materiaal self was my gunsteling deel van die rok! Dit is volgens my die perfekte skakering van suiwer goud deurvleg met fyn stringe kraletjies wat herinner aan die natuurlike suiwerheid, prag en praal van varswaterpêrels. Ek het in graad-1 met groot vreugde my eerste goue medalje losgehardloop; en was dit dan ook ‘n wenstreep-oomblik, om die einde van my skoolloopbaan in goud geklee te vier!

Datum van matriekafskeid?

2023-09-30

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media