Robin Ellis

Hoërskool Oos-Moot

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek is 'n groot aanhanger van die Amerikaanse ontwerper, Sherri Hill. Een van haar ontwerpe het my oog gevang en het Jomari van It's All Mimi my droom matriekafskeidrok vir my ontwerp en gemaak. My rok het bestaan uit 17 meter van die mooiste swart materiaal met fyn swart paillette en handgeborduurde swart gedetailleerde kant en fyn swart pêrels.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek wou nog altyd 'n rok gehad het wat stylvol, elegant en tydloos is. Maar ook terselfdertyd iets buitengewoon is.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My hele rok! My rok kan weer omskep word in 'n ander ontwerp deur die rompgedeelte te vervang met 'n verskeidenheid van ander rompe. Elke deel van my rok was vir my uniek omdat my rok met soveel tyd, moeite en fyn ontwerp aanmekaar gesit is. My rok het gelewe met elke tree wat ek gegee het!

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media