Ro-Zel Pitzer

Hoërskool Wilgerivier

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Die blomme op die rok simboliseer die gepersde blomme deur die jare, elke blommetjie is 'n spesiale trugroep na die klein dogtertjie wat groot droom en is bewyse dat die drome 'n werklikheid kan wees. Ek het besluit op blou omdat dit 'n kleur van verskillende betekenisse het naamlik kalmering en vrede, vertroue en betroubaarheid, kommunikasie en intellek en soveel meer. Dit bind ook die hele prentjie by mekaar soos die hemel blou die groen van die aarde komplementeer. Die materiaal was gekies omdat dit vloeiend is en 'n sagte prentjie skep. Die sagte materiaal verteenwoordig die sagte menswees van jong dames.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek is iemand wat 'n liefde het vir die natuur, veral die veld blommetjies wat in die velde daans. Ek het blomme begin pers om die mooi van hulle langer te laat hou. Die pers van blommetjies het begin toe ek 'n klein dogtertjie was wat saam met ouma deur die tuin geloop het en die mooi van die Here se hande werk raak te sien. Ek wou my matriekafskeid rok hartstochtelik gemaak het om die klein dogtertjie binne my trots te maak.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Dit was vir my groot pret om die ontwerp te sien groei binne my eie huis. Die blomme wat op die rok is het ek en Mamma uitgepuzzel en op my vas gemaak. Pappa het ook natuurlik sy kommentaar gelewer en gou-gou gesê as iets onaantreklik is. Pappa het vir my die oorbelle verstel en het my nekstrokie gemaak van dieselfde lint wat op my arms en rug voorkom.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media