Riëtte van Tonder

Robertson Hoërskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het op Pinterest gekyk na rokke en 'n ontwerp gesien waarvan ek hou. Ek het materiaal gesoek wat my oog sou vang en daarvolgens is die rok verder opgebou. Die rok het 'n korsetlyf en 'n romp met 'n rimpel, bestaande uit metaalgrys Dutches-satyn as voering, swart glinster-reliëf en gewone tule, sowel as glitter-scuba. Die romp bestaan uit verskillende teksture van tule lae met 'n slit.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Robertson Hoërskool

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Vorige balrokke van my was gewoonlik baie eenvoudig. Vir my eie matriekafskeid wou ek 'n rok hê wat anders sou wees as die ander, ek wou hê die materiaal moes praat. My rok moes ook gemaklik wees, wou nie heel aand bewus wees daarvan nie.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die valle, met die blinkeffek en variasie van lap was vir my die mooiste deel van my rok. Die rok was vloeiend en het baie gemaklik gesit.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media