Renie Burger
Ouderdom
17
Tuisdorp
Windhoek
Skool en dorp/stad van skool
Windhoek Hoërskool, Windhoek, Namibië
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My oupa, Hans, was 'n groot F1 Ferrari ondersteuner! Hy is in 2018 oorlede. Ek was baie lief vir hom en deel sy passie vir F1 (alhoewel die oranje van Lando Norris eerder my hartsnare roer). Ek wou my oupa graag deel maak van my spesiale dag en het besluit om rooi aan te trek vir sy gunsteling span.
Ek wou iets met blinkers hê om my rok daai "wow" faktor te gee en om seker te maak ek skitter op die dansvloer!
