Renél van Wyk

Potchefstroom Gimnasium

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het net een vereiste gehad vir my rok, ek wou skitter! My materiaal met die krale en diamante met ‘n nude ondertoon is gekies sodat dit onder die lig glinster soos wat ek beweeg. Ek wou gehad het die rok moes my komplimenteer en nie oorheers nie, daarom het ek gebly by ‘n klasieke snit met ‘n oop rug en kant slit vol pragtige fyn blink steentjies bo op. Daai oomblik waarvan elke meisie droom as sy haarself sien, uniek elegant en stylvol.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my rok was Demi Leigh Nel Peters, een van my grootste rolmodelle se Miss Universe aandrok wat ook deur Anel Botha gemaak is. Ek was nog altyd mal oor die rok en Anel Botha het dit perfek reggekry om vir my my eie weergawe van die rok te maak. Ek wou met ‘n Miss Universe rok daar uitstap en dis wat ek gekry het!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok is dat dit glinster wanneer ek beweeg en veral as die son en of ligte daarop val!

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media