Rene Voigt

Hoërskool Gimnasium Paarl

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het 'n Zara Satin Turquoise rok met turquoise tulle ( kant ) beads bo-oor die onderstuk ontwerp. Ek het 'n halter nek snit gekies met pêrel bandjies as straps. My rok het 'n slit aan die linkerkant. Die onderkant van die rok is so ontwerp dat die kant wat bo-oor die onderstuk hang nie deel uitmaak van die slit nie. Dit sorg dat my bene altyd bedek word al het die onderstuk ʼn slit. Die kant is nie vasgewerk aan die turquoise onderstuk nie en dit skep beweging in die rok. My bo stuk van die rok is eenvoudig gehou om die klem op die onderstuk te plaas. Ek het 'n turquoise belt bygevoeg om die rok saam te bring en mooi af te rond.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Gimnasium Paarl

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek het inspirasie vir my rok gekry vanaf 'n vorige rok wat Genevieve Atelier gemaak het wat eenvoudig ,maar elegant vertoon het. Van daar af het ek my eie idee begin skep van 'n rok wat by my persoonlikheid pas en my ligte vel en hare en blou oë beklemtoon het. Soos ek dit ontwerp het, het die rok begin om 'n magiese illusie te skep deur die kant met pêrels en dit het my klein dogtertjie hart uitgebring. Ek wou 'n rok hê wat mens nie op die eerste glans al die klein detail kan raaksien nie ,maar wat jou lok om weer en weer daarna te wil kyk. Ek wou hê mense moet kan sien dat die rok uniek is en my as persoon beklemtoon. Ek wou ook 'n tydlose effek skep en daarom het ek 'n eenvoudige bostuk gekies.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my rok is die HELE rok. Die rok is so goed ontwerp dat elke aspek ʼn storie vertel. Ek is mal oor die pêrel straps wat jou lei na die eenvoudige bostuk. Die belt bring die hele rok so mooi bymekaar en die onderstuk laat my soos 'n prinses voel. Die halwe oop rug met die pêrel straps lei weer tot die plek waar die onderstuk so uniek bymekaar kom. Ek is mal daaroor dat die rok onder los hang en dat ek vrylik kan beweeg. Die slit aan die linkerkant bied die geleentheid om my hakskoene te wys. My gunsteling deel was dat ek gemaklik voel in die rok en dit weer en weer wil dra.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media