Reechia Diaan Valentyn
Hoër Meisieskool La Rochelle
Tuisdorp
Paarl
Skool
Hoër Meisieskool La Rochelle
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
My rok is ontwerp deur @juaneez_design besit deur Jo Lubbe. Haar kontakbesonderhede is 074 298 1809.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Die inspirasie agter my rok is die woord "Joy".
Aan die begin van hierdie jaar het ek myself in 'n tyd bevind waar ek vir die Here gevra het wat my naam, Reechia, beteken, want daar was geen betekenis vir my naam aanlyn nie. Keer op keer het die Here vir my deur vriendinne, mentors en gebede openbaar dat my naam "Joy" beteken.
My tweede naam, Diaan, beteken "divine light and heavenly fire", so toe die woord "Joy" aan my geopenbaar was, was ek in verwondering met hoe my twee name ooreenstem.
Vanaf vreugde oor my gespreek was het ek geweet dat ek ten volle in vreugde wou stap in my daaglikse lewe. Die kleur van my matriekasfkeidrok, geel, stem so mooi ooreen met die betekenis van my twee name. Geel is die kleur wat ek konnoteer met die woord "vreugde".
Vreugde - dít was die inspirasie agter my matriekafskeidrok.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
My matriekafskeidrok is vir my ń herinnering aan wie ek in Hom is en die vreugde waarin ek nou leef.
Ek en my rokontwerper, Tannie Jo, het deur so baie kleure gegaan. My heel eerste kleur was navy en dit het nog so 5 keer daarna ook verander, dalk ń bietjie meer. Ek en tannie Jo kyk toe na ń paar fotos en daar het sy een gesien van my in ń geel hempie. Net daar het sy vir my gesê, "My vet Reechia, geel is jou kleur!". Ek was só gelukkig. Sy het toe vir my gesê dat dit die gelukkigste is wat sy my al gesien.
Ek wou vanaf my Graad 11 jaar ń geel rok dra, maar dit was nie 'n kleur wat my familie van gehou het nie, so ek het dit nie weer oorweeg nie. Ek het toe ń kans gevat met die kleur geel veral omdat dit so ń groot betekenis vir my het. Geel was die kleur waarby ek wou leef in terme van wat dit vir my simboliseer, maar dit was nie ń kleur wat ek baie gedra het nie.
Ek het ook ń kans gevat met die styl van my rok aangesien ek nog nooit so iets van tevore al gedra het nie.
My matriekafskeidrok was vir my uiters ń tree van dapperheid. Ek is so dankbaar dat ek my godelike identieit en wat oor my lewe gespreek is kon uitleef deur my matriekafskeidrok.
Hoogtepunt van die matriekafskeid
Ek het voor my matriekafskeid ń ete met my naasvriende en vriendinne asook familie gehad by Le Bac. Dit was vir my die hoogtepunt, want ek was omring met soveel liefde, waardering en vreugde. Ek is só geseënd met die gemeenskap wat ek het en dit was ń absolute voorreg om die begin van die aand met hulle te kon vier.
Planne vir na matriek
Ek glo dat jy ń boom buig terwyl hy jonk is en daarom wil ek graag BEd Grondslagfase gaan swot by CPUT Wellington. My onderwysers, Graad R-12, is ń groot deel van hierdie keuse en passie.
Gunsteling woord in Afrikaans
Kakkerlak
Datum van matriekafskeid
2025-10-18