Rebekka Stockenstrom

Die Hoërskool DF Malan

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My ma is 'n trourok ontwerper, Elizabeth Stockenstrom, so ek het geweet dat ek in goeie hande is. Nou moes ek haar net oortuig dat my rok so eenvoudig as moontlik moet wees. Dit het nie vir my so veel oor die tipe materiaal gegaan nie, maar eerder oor die spesifieke kleur wat ek graag wou hê. Ons moes 9 meter materiaal koop en dit laat"sunray" pleat vir die romp.... Ek was so verbaas om te sien hoe die materiaal net meer begin lewe het en dat daar skaduwees was sowel as dele wat die ongelooflike kleur reflekteur het. Dit was so lekker om met die rok te stap en soveel beweging om my te voel..., soos 'n sonondergang wat heeltyd verander in diepte en intensiteit.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Die Hoërskool DF Malan

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Ek is mal oor die somer...veral sonsondergange wanneer die son so laat ondergaan en die hele wereld oranje kleur. Net daar het ek besluit dat my rok "burnt orange" moet wees. Ek het nog altyd gehou van eenvoud en onopgesmiktheid....amper asof ek net opgestaan het en net vanself so mooi lyk. Ek kon nie glo toe ek hoor dat ons matriekafskeid tema Santorini Nights is nie... Alles het net eenvoudig perfek in plek geval.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Hulle sê die vere maak nie die voël nie, maar ek moet sê... toe ek my rok aan het, was ek oortuig dat dit nie die waarheid was nie! Dit hele aand was so ongelooflik lekker en ek was trots op myself... Trots dat ek getrou was aan wie ek werklik is. Trots dat ek soos myself gelyk het, net so bietjie meer "paint and polish". Nog 'n hoogtepunt was beslis om al my vriende in hul aandrokke te sien, skoolmaats het skielik soos jong dames gelyk.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-27

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media