Rachel Jansen van Rensburg

Kairos Academy

Tuisdorp

Hluhluwe

Skool

Kairos Academy

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het self my matriekafskeidrok ontwerp en gemaak, alhoewel ek nog nooit n formele naaldwerkles gehad het nie!

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

My inspirasie kom van n visie wat ek gekry het toe ek Esekiel 16:13-14 gelees het. Esekiel 16:13 “Jy het jou versier met goud en silwer, en jou rok was fyn linne en sy … En jy was besonder mooi en voorspoedig dat jy koninklike waardigheid bereik het.” Ek het dadelik begin skets. Na ek klaar geskets het, het ek geweet díe is die rok wat ek na my matriekafskeid wil dra; en ek het die vermoë om dit n realieteit te maak. Die oomblik toe ek die rok aangetrek het, het dit beslis gevoel of ek koninklike waardigheid bereik het.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

Die rok verteenwoordig die einde van n ongelooflike hoofstuk, en die begin van n nuwe seisoen. My matriekafskeid rok is hoop, geloof en baie selfvertroue. Ek het nog nooit so groot naaldwerkprojek aangevat nie. Die proses was ook nie altyd maklik nie. Ek wou n paar keer opgee en net n rok koop. Daar was ook tye waar ek vir ure lank steke moes los trek. In die einde van die dag kon ek my visie tot die lewe bring, omdat ek nie opgegee het nie. Die rok is vir my ekstra spesiaal omdat dit my eie skepping is. Die projek het vir my bewys dat ek waarlik enige iets kan doen.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Om laf te wees en saam met al my vriendinne te dans ,was defnitief n hoogtepunt! Dit was n bittersoet oomblik om te besef dat ons seisoen saam verby is, maar n opwindende toekoms lê voor.

Planne vir na matriek

Ek wil graag gaan toer en die wêreld verken. Daarna wil ek my graad kry en my eie boetiek oop maak!

Gunsteling woord in Afrikaans

Kosbaar

Datum van matriekafskeid

2025-05-15

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media