Philippa Louw

Hoërskool Stellenbosch

Tuisdorp

Stellenbosch

Skool

Hoërskool Stellenbosch

Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?

Ek het my eie matriekafskeidrok ontwerp en gemaak. Ek het self die patroon gemaak en toe die finale ontwerp gestik.

Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?

Ek het lank voor die tyd prentjies geteken en navorsing gedoen oor verskillende rokke voordat ek lap winkel toe gegaan het. Daar het ek ure lank spandeer en die mooiste turquoise bopaag gevind wat perfek gepaard gaan met n donker blou-groen satyn. Ek wou hê die vloeiende bolaag moet nie onderbreuk word nie, dus het ek n relatiewe eenvoudige A-lyn snit gekies.

Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?

My rok weerspieël my liefde vir ontwerp en kleur. Dit was my droom om my eie matriekafskeidrok te maak vandat ek 3 jaar gelede my eerste naaimasjien gekry het. Om my vriende se reaksie te sien toe ek daai aand vir hulle sê dat ek my rok self gemaak het, was die kersie op die koek. Ek het die hele proses gedokumenteer en na die funksie die videos op instagram geplaas. Dit het meer as 130 duisend "views" gekry.

Hoogtepunt van die matriekafskeid

Die matriekafskeid se tema was Casino en as vermaak het ons tipiese casino speletjies gespeel wat vir baie pret gesorg het.

Planne vir na matriek

Ek gaan volgende jaar modeontwerp studeer by Elizabeth Galloway Academy of Fashion. Ek sal ook aanhou om klere te maak en verkoop.

Gunsteling woord in Afrikaans

Smaakmaker

Datum van matriekafskeid

2007-06-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media