Petroney Groenewald

Hoerskool Outeniqua

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het my droomrok al in Gr.10 op 'n foto gesien, en daarna het ek vir Elreze Fivaz van Voila Clothing Studio gevra om vir my so 'n rok te ontwerp en te maak. My droomrok moes 'n spookasem-effek skep. Die boonste deel van my rok het 'n waterverf-effek met 'n gruis en pastel kleur agtergrond. Daar is die pragtigste krale daarop vasgeborduur (diamantjies , sequins ens.) wat 'n sagteblom-effek gee. Die onderste deel is van verskillende pastelkleur net. My rok is gevoering met pienk satyn. Agterop my rug is die rok ingeruig met 'n zig-zag vorm van die mooiste fyn lint. Dit het 'n v-effek gegee. Omdat my rok lekker lank is, kon ek "funky" Converse ligte pienk sneakers dra, wat natuurlik 'n baie gemaklike opsie was en dit het ook my persoonlikheid gekomplimenteer.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My inspirasie vir my rok was dat ek graag 'n rok wou gehad het wat sê "Petroney", en wat my persoonlikheid uitstraal. 'n Rok wat vir mense wys wie ek is. Ek het hierdie rok se foto al van Gr. 10 af bewaar. Ek wou 'n unieke rok gehad het wat nie soos die algemene tipe keuses was om te dra, soos wat baie meisies dra bv. blou of groen nie. My gunstelinge kleure was nog altyd pastelkleure. Dit pas by my gesagaardheid. Ek wou soos 'n pastel droom-reënboog lyk. Ek was nog altyd 'n dromer,daarom wou ek 'n sprokiesmooi rok gehad het. Soos my ma sou sê: SPOOKASEM-mooi!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die hele proses om van "scratch " my droom rok te maak en dit te laat realiseer. Dit is my eerste keer wat iemand vir my 'n rok ontwerp vir so spesiale geleentheid, en dit is wat dit nog meer spesialer vir my gemaak het. Al die beplanningsessies saam met Elreze Fivaz, was sommer baie spesiaal. Ons het letterlik saam op die mat gesit en kralletjies uitsoek om die spesiale effek van die bo-stuk te gee. Vir die uitsoek van die pastelkleur net, moes ons opsies oorweeg en "chop-en-chance". So het my droomrok stukkie-vir-stukkie bymekaar gekom. Die laaste pas was die spesiaalste!! Uiteindelik kom alles bymekaar en is die prentjie voltooi. Sonder Elreze sou ek beslis nie so mooi gelyk het nie!! Hierdie deel was vir my 'n hoogtepunt.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-07

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media