Pascal du Toit
Ouderdom
18
Tuisdorp
Paarl
Skool en dorp/stad van skool
Helpmekaar Kollege / Johannesburg
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir my matriekafskeidrok was om anders as die res te wees en ’n sterk statement te maak. Ek wou wegbeweeg van die gewone en verwagte kleure en style en eerder iets kies wat mense se aandag trek en uitstaan. Die unieke sjokoladebruin kleur en gewaagde ontwerp het my die geleentheid gegee om my eie styl en individualiteit uit te leef. Ek wou hê my rok moes selfvertroue uitstraal en wys dat jy nie altyd tradisioneel hoef te wees om elegant en besonders te lyk nie. Vir my was dit belangrik om iets te dra wat nie net mooi is nie, maar ook onvergeetlik is.
