Olivia Seegers
Ouderdom
18
Tuisdorp
Pretoria
Skool en dorp/stad van skool
Hoërskool Montana - Pretoria
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
My inspirasie vir my matriekafskeidrok was om iets elegant, uniek en tydloos te hê wat my persoonlikheid weerspieël. Ek het gehou van die sagte, romantiese kleur van Rusty Pink, die glans van die sequin-netstof en die moderne voorkoms van die oop rug. Maar die grootste inspirasie was die gedagte dat my rok deur my Ouma gemaak sou word. Sy is nie ’n professionele ontwerper nie, maar haar liefde vir naaldwerk en haar kreatiwiteit het dit vir my moontlik gemaak om ’n rok te dra wat werklik uniek en spesiaal is. Ek wou iets hê wat nie net mooi lyk nie, maar ook ’n betekenisvolle herinnering sou wees aan my matriekafskeid en die liefde wat my ouma in elke steek ingewerk het. Sy het 2 verskillende patrone gekombineer om my pragtige rok te maak.
