Ninke Greyling

Vrede Hoërskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Lank lank gelede in graad 8 het ekke deur instagram geblaai. Soos enige mens miljoene rokke gescreenshot. Die oomblik toe ekke die prentjie van my rok sien het ekke geweet dis die een! Die rok het alles gehad waaroor ekke gedroom het. Vroeg die jaar het ons begin met die proses. So opwindend proses! My Rok is laat maak en die eind produk was n droom wat waar word, dit was soveel meer as wat ekke sou kon droom! Ek was onseker maar Anel het my so mooi gehelp om die idees en prentjies bymekaar te sit. Alles was perfek. Elke pêreltjie, elke detail, die materiaal, ALLES was prentjie mooi! My rok het bestaan uit pêrels. Met n Almond, shapanje kleur onder. Ek het uitgestaan omdat niemand ooit gedink het dat sulke kleure so mooi kon lyk nie. Die rok was perfek vir my lyf en het net die regtig plekkies beklemtoon. Ek was gemaklik en het so mooi gevoel soos my rok. As ek kon sou ek my rok elke dag aantrek.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Ja

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Van dat ek kan onthou was ek mal oor rokke en het net gedroom oor hoe dit eendag my beurt gaan wees. Ek het nie eintelik geweet waar om te begin nie. Ek het geweet ek soek nie iets te stuif nie en ek het geweet ek soek blink. Die oomblik toe ek die rok sien het ek net die gevoel gekry van dit is die een. Ek het nie getwyfel nie ek wou so n rok graag hê. Ek wou gemaklik wees en voel en ekke was 100 % so gemaklik!

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

Die is defnitief een van die moeilikste vra want hoe kies jy net EEN gunsteling deel? Ek het mooi gedink en uiteindelik het ek besluit dat die pêrel afwerking op my rug en bo-stuk my gunsteling was. Elke pêreltjie het n deel van my uitgebeeld. Daar was nie baie detail nie maar met die unieke pêrels was dit nog meer spesiaal! As mens aan n pêrel dink dan dink mens sag, kalm en kosbaar en dit is presies hoe my rok my laat voel het.

Datum van matriekafskeid?

2023-10-13

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media