Nina Roos
Hoerskool Zwartkop
Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse
Skool se matriekafskeid bygewoon?
Verganklikheid
Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?
Die kleur. Die kleur van die sonsondergang, my hare en herfs.
Die lyne van die rok moes skoon en elegant wees.
Die fokus moes die tekstuur van die kant wees.
Ek wou gemaklik wees en net so klein bietjie dramaties.
Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?
Matriekafskeid, die rok, die hele reis was 'n ontdekkingstog.
Van die eerste konsultasie met Joseph, die ontwerper, deur die hele soektog na die regte skoene & handsak. Dis meer as 'n rok en 'n aand. Dis 'n ontdekkingstog na my eie identiteit en waarvan ek hou.
Dis die laaste tree van skoolklere na wie ek wil wees.
Datum van matriekafskeid?
2025-10-04