Nina Grobbelaar

Eunice High School

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Quirky, stylvol en sprokieagtig. Die oomblik toe ek my pragtige maar tog eenvoudige rok aantrek het dit gevoel asof ek nes Aspoestertjie vanuit my verslete werksklere in die fraaiste dame by die ball transformeer. Less is more! Daarom was eenvoud my dryfkrag wat gelei het na my elegante rok.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Eunice High School

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Van kleintyd is ek die kaalvoet kind alewig op die dansvloer met die wydste rok waaraan jy kan dink en die grootste danspasies baljaar. Ek wou baie graag daardie kosbare herinnering in my eie oorspronklike prinsesrok herleef. My doel was om uit te staan bo die ou gewone slit rok, maar terselfde tyd gemaklik te voel.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My strikkie. Dit het vir my ‘n waardevolle boodskap. ‘n Mens moet die klein goedjies in die lewe raaksien en meer waardeer. Dié lewensles sal my altyd lei na die regte pad. Ek was so bevoorreg om sulke pragtige rok te kon bekostig. Dit is ‘n aand wat ek beslis nooit sal vergeet nie, veral nie my strikkie nie!

Datum van matriekafskeid?

2023-09-30

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media