Nina de Klerk

Oranje Meisieskool

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

n Roomkleur, nousluitende rok met n lae V-nek, wat n beltjie om die middel het. Dit het ook twee vlerke wat agter toe drapeer wat tot op die grond hang, waaraan ongeveer 200 materiaal knopies vasgewerk is. Die vlerke kan afgehaal word, vir wanneer daar later die aand gedans word. Die rug is oop, wat met deursigtige net aanmekaar gehou word, wat die aandag op die 2 vlerke vestig en dit die hoof fokuspunt van my rok maak.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Oranje Meisieskool

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Tydloos. Klasiek. Elegant. Ek het graag n rok gesoek wat by my persoonlikeheid pas, iets wat my kan uitbeeld as mens. Die idee was om iets te dra wat niemand van te vore al gesien het nie, maar wat nog steeds stylvol is in vandag se tyd. My ma het n groot rol gespeel in die ontwerp van my rok omdat ons baie dieselfde styl het. Saam het ons vir ure n prentjie gesoek van my perfekte rok. Ons het afgekom op n trourok wat dadelik al die elemente wat ek in my rok gesoek het, vasgevang het en ons het dit omskep in my perfekte rok.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My gunsteling deel van my matriekafskeidrok, was die oop rug waaraan die vlerke vas was, wat agter toe drapeer het tot op die grond.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-28

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media