Nikita Olckers
Aspiration Academic
Ouderdom
18 jaar
Skool
Aspiration Academic
Wie het jou matriekafskeidrok ontwerp / waar het jy dit gekoop?
Die dag toe ons die materiaal in die winkel sien het ons dadelik verlief geraak op die lap maar ons het geen idee gehad oor hoe ons die rok wil ontwerp nie, al wat ek geweet het is dat ek baie diepte, verskillende teksture en iets unieks wou gehad het. My moeder het een aand met die ontwerp op gekom en nadat ek dit gesien het kon ek nie wag om die eindresultaat van die rok te sien nie. So het my rok lewe gekry. Die rok pas by my geaardheid en ek dink dit is die mooiste rok daar buite.
Wat was die inspirasie agter jou matriekafskeidrok?
Ek dans al van n jong ouderdom af en ek wou van die inspirasie van my danskostuums in my rok in gekorporeer het en so het my rok se styl agtervolg. My matriekafskydrok bestaan uit vier dele eerstens die korset wat totaal en al met die hand gewerk was, volgende was die mini rompie toe die groot romp wat aan die korset vashak en laastens die skouer wat soos n trein agterna sleep. My moeder het die hele rok self gemaak en dit bring n tipe van nostalgie nadat sy ook al my danskostuums al my lewe lank ook vir my gemaak het en ek sal oneindig dankbaar wees.
Wat beteken jou matriekafskeidrok vir jou?
Ek sal se my gunsteling deel van my rok is dat hy uit vier dele bestaan, wanneer ek op die dansvloer wil begin sokkie en die aand met vriende wil geniet kan ek die groot deel van die romp en die trein (skouer) afhaal en met gemak op die dansvloer beweeg, maar oor die algemeen sal ek se die hele rok is my gunsteling en ek sou nie die rok vir enige ander verruil nie.
Datum van matriekafskeid
2025-09-26