Nikita Niemand

Hoërskool Oosterlig

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

Ek het gekies om "all out" te gaan in rooi. Van nature is ek eintlik 'n introvert, maar wou uitstaan op hierdie spesiale dag. Ons het die mooiste rooi kant gekies wat uitgeborduur is met kraletjies en sequence. Ek het my idee met ons ontwerper gedeel en hy was in ekstase met die keuse. Van die begin tot die einde het dit vir my gevoel of ek van hierdie wurm ontdooi in die mooiste skoenlapper. My rooi rok met die kant en "glitter" is 'n droom wat waar geword het. Nie net het ek mooi gevoel nie, maar het so spesiaal gevoel in ietsie wat ek self gekies het.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

29 September

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

Rooi staan vir vuur en vlam (soms my geaardheid in die huis en om my eie mense).Rooi staan vir liefde. Ek het liefde vir my skool gehad, vir elke vriend en vriendin wat al hierdie skooljare saam met my gedeel het. Liefde vir my ouers wat my deur als gedra en bygestaan het en hierdie dag vir my moontlik gemaak het.Laastens en ook die belangrikste, liefde vir my Heer wat my van Gr1 tot Martriek geseen het met kennis en wysheid om my skooljare te voltooi. My Heer wat nooit my hand gelos het nie.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My hele rok was my gunsteling!Die rooikant was vir my besonders mooi, die slit aan die kant en die "een skouer" wat kant gehad het, was mooier as wat ek gedroom het.Ek het gehou van hoe ek gevoel het toe ek daai rok aantrek.Die gevoel van volharding, deursettingvermoe en dat die einde van hierdie hoofstuk aangebreek het.As dit die gevoel is van 'n bruid, is dit hoe ek gevoel het, mooi, trots, spesiaal en als wat my hart gelukkig gemaak het.e

Datum van matriekafskeid?

2023-09-29

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media