Nikita Nel

Hoërskool Jeugland

Kort verduideliking oor jou rok of ontwerpkeuse

My rok was ontwerp om my persoonlikheid daardeur uit te beeld. Die kleur van my rok het my baie onkant gevang. Voor ons materiaal gaan koop het , het ek nog glad nie geweet wat my kleur sou wees nie , maar toe daardie pers materiaal my oog vang , het ek geen twyfel gehad nie. Ek wou n materiaal he wat niemand sou mis nie. Iets wat uitstaan , skitter en lewe soos ek loop. Die ontwerper (Izelle Otto) het n ongelooflike werk gedoen om my droom in n realiteit te verander.

Skool se matriekafskeid bygewoon?

Hoërskool Jeugland

Wat was jou inspirasie vir jou matriekafskeidrok?

My rok se inspirasie kom al jare lank saam my. As kind het ek altyd na verskillende style en kleure gekyk wat ek gedink het mooi by my sou pas. Dit was altyd my droom om op die dag soos n prinses te voel en myself deur my rok uit te beeld. Dit was altyd vir my exciting om die jare voor my se rokke te bewonder en idees te kry van hulle rokke af. Ek het al baie lank n foto album vol verskillende rokke gehad waar ek al my idees tot een enkele prentjie kon omskep en daardie "prentjie" het toe , na jare se beplanning, vir my n realiteit geword.

Wat was jou gunsteling deel van jou matriekafskeidrok?

My materiaal het beslis vir my uitgestaan. Ek kon vir ure lank kyk na hoe dit skitter en blink , selfs al het die son nie daarop geskyn nie. Die kleur was een van sy soort en het perfek by my gepas.

Datum van matriekafskeid?

2023-09-02

Hou van wat jy sien?

Deel op Sosiale Media